We-R-Real Estate Logo
You are here: We-R-Real Estate / Residential / For Sale / Mookgopong / Mookgopong Rural / Retirement Unit / 2 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong Rural

R1,650,000 | 2 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong Rural

SHOWING LISTING 1 OF 1
GET EMAIL
ALERTS
0
VIEW MY
FAVOURITES
GALLERY

R1,650,000

Monthly Bond Repayment R16,197.11
Calculated over 20 years at 10.25% with no deposit. Change Assumptions

Calculate Affordability | Calculate Bond & Transfer Costs | Currency Converter

Monthly Rates
R877

Netjiese, moderne 2 slaapkamer woning by Die Oog Aftree-Landgoed.

Netjiese aftree huis in 'n uitstekende toestand in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie is ‘n netjiese, privaat losstaande eiendom in ‘n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur bome. ‘n Ryk voël lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.

Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die ruim leefarea en oopplan kombuis vorm 'n geintegreerde area.

Pragtige oopplan, moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blaaie, 'n gasstoof en 'n elektiese oond met plek vir ‘n regop yskas/vrieskas kombinasie.

Uit die kombuis is 'n kort gangetjie met 'n groot linnekas.

Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met genoeg ingeboude kaste. Die en-suitebadkamer bestaan uit ‘n stort, toilet en 'n ingeboude wasbak op 'n granietblad. Die badkamer is geteel tot teen die dak.
Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook genoeg ingeboude kaste. Die tweede badkamer, wat tot teen die dak geteel is, bestaan uit 'n bad en 'n wasbak op 'n granietblad.

Die leefarea is ruim met genoeg plek vir 'n sitkamer - en 'n eetkamerstel.

Buite die sitkamer is 'n ruim grasdak lapa met 'n ingeboude braai en 'n granietblad kassie.

Die aftree woning se uitstaande kenmerk is 'n pragtige, goed versorgde watervriendelike tuin.

Daar is 'n ekstra groot enkel toesluit motorhuis met meer as genoeg plek vir 'n wasmasjien, tuimeldroer en ekstra pakplek. Die motorafdak is toe met seile waar 'n tweede voertuig gestoor kan word. Daar is ook parkering vir 'n addisionele voertuig.

Die hoek eenheid is goed geleë, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.

Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!

Features

2
2
1
Pets Allowed
Yes
Interior
Bedrooms
2
Bathrooms
2
Kitchen
1
Reception Rooms
2
Furnished
No
Exterior
Garages
1
Security
Yes
Parkings
1
Pool
No
Sizes
Floor Size
102m²
Land Size
300m²
STREET MAP
STREET VIEW
-24.448868556829414, 28.615951538085938
1
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the We-R-Real Estate website is accurate and up to date, We-R-Real Estate makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.